© Alfa Pastorale Praktyk & Zama Zama Hope 4 U Foundation

Gevorderde Jaar Kursus

As Christen: Leef jou roeping, word prakties bemagtig as ‘n agent van verandering en doen jou eie of netwerk ding!!!

Kursusinhoud Module 1-7:

Module 1: Om groen te leef as Christen Module 2: Seksualiteit en gender Module 3: Leierskap en bestuur van verandering Module 4: ‘n Bebedsreis en om stil te word Module 5: Die 14 verskillende intelligensies Module 6: Gesag en dissipline Module 7: Depressie en post-traumatiese stress

Moontlike spesialisvelde Module 8:

Hospitaal en siekebediening Trauma en krisisintervensie Berading, begeleiding en opleiding tov huwelike, egskeiding, tieners ens Missionale netwerke en uitreike asook die stigting van nuwe geloofsgemeenskappe Jeugwerk in gemeentes, skole, statutêre instellings ens

Status van kursus: Sertifikaat:

Geakkrediteer deur Excelsus Sentrum vir Bedieningsontwikkeling van die Teologiese Fakulteit by die Universiteit van Pretoria, 150 VBO punte en 20 CPSC/CPD punte geëvalueer en toegeken/geregistreer deur CPSC, "Council for Pastoral and Spiritual Counsellors. Die kursus is bekendgestel oor RSG, Pretoria FM, Radio Kansel, in die Kerkbode, Juig, Rekord en LIG, asook deur ‘n artikel in die Kerkbode deur die redakteur, Neels Jackson

Werkswyse:

Die kursus duur 1 jaar en word afgehandel as: twee van die verpligte werkswinkels bygewoon is; vier opdragte uit Module 1-7 soos ooreengekom suksesvol voltooi en afgehandel is ’n mini-skripsie van 60 bladsye ingelewer is en die 30 ure praktiese werk onder die leiding van ‘n goedgekeurde supervisor afgehandel en haar/sy evalueringsverslag ingedien is by die kursusleiers (sperdatum: 31 Maart 2024)

Werkswinkels:

Agt werkswinkels/kontaksessies (2 in Pretoria, UP, 2 in George (indien meer as 5 studente), 2 in Bloemfontein, UV (indien meer as 5 studente) en 2 in Stellenbosch, US)

Registrasie:

Voor of tot 31 Januarie 2024 vir die groep studente vir 2024 Kliek hier om te registreer

Koste:

Die paar voorgeskrewe handboeke en studiemateriaal word deur die student aangekoop. Begroot min of meer vir so R800 daarvoor. Dit is nie ingesluit by die kursusfooie nie. Die kursus fooie beloop: Deposito 31 Januarie 2024 R3000; 30 Junie 2024: Die res R2000: Totale kursusfooi: R5000 plus R 800 vir voorgeskrewe handboeke en studiemateriaal (beurse/borge beskikbaar)
Alfa Pastorale Praktyk

Waarderende terugvoer van studente:

Fredi van der Merwe - Jong enkel ouer en maatskaplikewerker in Oos Kaap Ja, wat 'n ongelooflike ondervinding was hierdie reis nie. Dit het my stoutste verwagtings oortref. Maar wat verwag 'n mens anders met sulke uitstekende leermeesters. Dit was en is 'n wonderlike voorreg om julle te kon leer ken en julle brein te pik. Watter wonderlike wete dat God vir my, hierdie piepklein wesentjie op hierdie groot heelal raaksien en besluit het om my te gebruik om 'n klein deeltije van die mense se pyn en leed te probeer verlig. Ek gaan oor 'n paar weke vir opleiding om kinders voor te berei en by te staan tydens hulle hofsake. Julle het my dus beslis gehelp om te ontdek dat ek beslis nog nie oor die muur is nie, ek klim nog steeds en skop met my hakskoene hengse duike in die emmer. Dankie dat julle so in my glo en julle aanmoediging het die wêreld se verskil gemaak aan my selfvertroue en ek het ook baie van die redes vir my verkeerde keuses ontdek en hoop maar dat ek nie in n oomblik van dwaasheid weer sulke sotlike keuses sal maak nie. Baie sterkte met hierdie wonderlike verrykingskursus waarmee julle ander mense bekwaam om iets te doen wat hulle in hul wildste drome nooit sou gedink het moontlik sou wees nie